• Leraar

  • Admin Beampte

  • Koster

  • Orreliste


Ds Dubois du Toit dubali@xsinet.co.za /

058 653 1592  (h) / 082 856 3217 (sel)


Kathy van Reenen  ngkestell@telkomsa.net /

058 653 1200 (w)


Oom Theuns Smuts (082 378 3247)


Martie Mynhardt martie.mynhardt@vodamail.co.za /

058 653 1273 (h)

Ronel Swanepoel swaniej@webmail.co.za /

084 511 7278 (sel)

GESKIEDENIS VAN DIE NED.GEREF. GEMEENTE KESTELL


Kestell, die plattelandse dorp en gemeente, is vernoem na dr. JD Kestell, ‘n predikant van die Harrismithgemeente.  Met die uitbreek van die Anglo Boere-oorlog het hy as veldprediker die kommando vergesel waar hy liefdeswerk verrig het onder die burgers en Britse soldate.  Uit erkentlikheid is besluit om die dorp na hom te vernoem.


Die dorp is amptelik in 1905 gestig.  Op 16 Augustus 1905 het die gemeente tot stand gekom.  ‘n “Noodkerk”, ‘n sinkgebou met sitplek vir 600 mense, is opgerig.  In 1906  is die eerste predikant, ds. EJP Smit, beroep.  Hy het gedien tot 1941. 


In hierdie tyd is die sandsteenkerk met sitplek vir 950 mense gebou, die argitek was Mnr. Gerhardt Moerdyk, en dis ingewy in 1928.  Die orrel is aangekoop teen £500 en deur die vrouelidmate kontant betaal!  In 1983 is die kerkgebou tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.  In 2005 het die gemeente 100 jaar van genade gevier.


Die volgende predikante het die gemeente bedien: Ds. JJ le Roux  1941 – 1949; Ds. PD Lückhoff  1950 – 1959; Ds WK Troskie 1960 – 1963; Ds. A du Toit 1963 – 1967; Ds. JCE Erasmus 1968 – 1972; Ds. RL Cronje 1973 -1989.  Die lidmaattal het dit op daardie stadium vereis dat ‘n medeleraar beroep moes word (Witsieshoek alleen het 4 wyke gehad) nl. Ds. JJ de Jager 1986 – 1994, Ds. A Kotze 1989 – 2008; Ds. S van Schalkwyk 1995 – 2004. Die huidige predikant is Ds. D du Toit vanaf Feb 2009.


‘n Sandsteenpastorie is in 1906 gebou.  Dis later verkoop en in 1973 is daar ‘n nuwe pastorie op die kerkterrein gebou.  Die kerksaal is ingewy in 1968.  In 1992 is ‘n aangrensende saal opgerig, met kategesekamers.  Die eerste uurwerk en klok was beskadig met aflewering en moes vervang word.  Huidig word gebruik gemaak van ‘n elektroniese klok wat 5 km ver gehoor kan word.